Lees ook: Drie swemmers in haaiaanvalle in Florida beseer
HAWAII. – Die Pirates of the Caribbean-akteur, Tamayo Perry (49), is oorlede na hy deur ‘n haai in Hawaii aangeval is.
Perry is Sondag oorlede na hy deur ‘n haai aangeval is terwyl hy branderplank gery het. Hy is op die toneel dood verklaar na hy met ‘n jetski uit die water gehaal is.
Perry was te sien in Pirates of the Caribbean, Hawaii Five-O, Lost en Blue Crush. Hy was ook ‘n lewensredder en professionele branderplankryer.
Bronne: BBC, Jacaranda FM, People





