Jo-Ané van Dyk palm ‘n silwer medalje in

Lees ook :

Foto: Team South Africa

Jo-Ané van Dyk het Saterdag ‘n silwer medalje in die vrouespiesgooi by die Olimpiese Spele ingepalm.

Van Dyk het seker gemaak die medalje is hare met ‘n afstand van 63.93 m. Dit bring die aantal medaljes van Suid-Afrikaanse atlete by die Spele op ses te staan – een goud, drie silwer en twee brons.

Andrew Stroebel, die burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, het Van Dyk gelukgewens en trots oor die prestasie uitgespreek.

Van Dyk kom van Heidelberg in die Wes-Kaap.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief