Joernalis wat oor Covid in Wuhan berig se vrylatingsdatum vandag

Lees ook :

Joernalis wat oor Covid in Wuhan berig het se vrylatingstyd hier. Foto: NBC

WUHAN, CHINA. – ’n Burgerlike joernalis, Zhang Zhan (40), wat in 2020 tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis is vir haar ongesensorde verslaggewing oor die uitbraak van Covid 19 in Wuhan, se vrylatingsdatum is vandag.

Zhan was ’n prokureur wat ‘n burgerlike joernalis geword het tydens die uitbreek van die pandemie. Sy het van Shanghai na Wuhan gereis om regstreeks verslag oor die Chinese regering se reaksie en hantering van die pandemie te doen.

Haar video’s en kritiek oor gesensorde nuusberigte het veroorsaak dat sy in Mei 2020 vir aanhitsing gearresteer is. Na haar vier jaar vonnis is sy in die stad se vrouetronk aangehou.

Die Chinese regering het egter nog geen inligting oor haar vrylating bekendgemaak nie.

Bronne: The New York Times, The Independent, RSF

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief