Johan Ackermann is met onmiddellike effek as die Vodacom Bulls se hoofafrigter aangestel. Ackermann, wat tans die Junior Springbokke help met hulle wedstryde in die Junior Wêreldkampioenskap in Italië, sal volgende week by die Vodacom Bulls aansluit.
Lees ook: Operamusiek neem buurte in Kaapstad oor
Ackermann het drie keer die toekenning Suid-Afrikaanse Afrigter van die Jaar gewen en was ook die SA A-lys se afrigter. Hy het sy loopbaan begin as ’n Bulls-speler en het ook al spanne in Japan en Engeland afgerig.
Uit Italië het hy aan Supersport gesê hy is so opgewonde soos ‘n “gr. 1’tjie wat vir die eerste keer skool toe gaan, dit voel steeds te goed om waar te wees. Dis ‘n voorreg en ‘n eer.”
Bronne: Supersport
Lees ook: Operamusiek neem buurte in Kaapstad oor