Brekende Nuus
Afrikaans

Operamusiek neem buurte in Kaapstad oor

Operamusiek neem buurte in Kaapstad oor

fotokrediet: City of Cape Town
Operamusiek neem buurte in Kaapstad oor fotokrediet: City of Cape Town

KAAPSTAD. – Die Stad Kaapstad se ontwikkelingsdepartement vir die gemeenskap, kuns en kultuur en die Kaapstad-operakoor het onlangs buurte in die stad met operamusiek oorgeneem.

Lees ook: Waarskuwing oor oorstromings in Kaapstad

Burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Francine Higham, sê Opera in Your Neighbourhood het opera uit die tradisionele teaterspasie geneem en meer toeganklik gemaak vir gehore waar hulle hulle bevind. Hulle word blootgestel aan die asemrowende kunsvorm en die Kaapstadse operakoor bereik ’n nuwe gehoor. “Dit is ’n wenresep vir almal wat betrokke is”.

Die konserte was gestruktureer in optredes van 45 minute en die vier gratis konserte is in Junie en Julie in Gugulethu, Woodstock, Pinelands en Kuilsrivier gehou.

Nog konserte word beplan en inwoners word gevra om die gemeenskapskennisgewingborde dop te hou.

Bronne: City of Cape Town

Lees ook: Waarskuwing oor oorstromings in Kaapstad