Johann Rupert, Ernie Els en Retief Goosen gaan by vergadering tussen Ramaphosa en Trump wees

Lees ook :

Johann Rupert, Ernie Els en Retief Goosen gaan by vergadering tussen Ramaphosa en Trump wees fotokrediet: X

WASHINGTON, VSA. – Sakeman Johann Rupert en gholfspelers Ernie Els en Retief Goosen gaan vandag die vergadering tussen presidente Cyril Ramaphosa en Donald Trump bywoon.

Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump vergader vandag by Withuis

Johann Rupert, die rykste man in Suid-Afrika, het glo die ontmoeting tussen Ramaphosa en Trump moontlik gemaak en Els het Trump glo oortuig om daartoe in te stem. John Steenhuisen, Parks Tau, Ronald Lamola en Khumbudzo Ntshavheni sal ook in die vergadering teenwoordig wees.

Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, die minister van verdediging, Pete Hegseth, dr. Massaid Bolous, ’n kenner van Afrika- en Midde-Oosterse politiek, en adjunkminister Christopher Landau sal ook by die ontmoeting in die Withuis wees.

Bronne: EWN, The Citizen, eNCA

Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump vergader vandag by Withuis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief