VSA. – President Cyril Ramaphosa en die Amerikaanse president, Donald Trump, vergader vandag by die Withuis in Washington, VSA.
Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig
Die vergadering volg ná spanning tussen die twee lande begin het toe Trump en Elon Musk beweer het daar is ’n volksmoord teen wit mense in Suid-Afrika en dat mense se land afgevat word. Daar was ook spanning ná Suid-Afrika ’n saak teen Israel die Internasionale Geregshof oor die oorlog in Gaza gemaak het. Die VSA is een van Israel se sterkste bondgenote.
Ramaphosa het in ’n plasing op X gesê die handelverhouding tussen Suid-Afrika en die VSA sal die fokus wees van sy besoek. Hy het bygevoeg dat die werkende besoek gebruik sal word om Suid-Afrika se beleid oor verskeie geopolitieke sake te verduidelik.
Hy en sy afvaardiging van ministers sal ook die “disinformasie” oor volksmoord in Suid-Afrika sal bespreek en ook duidelikheid oor die landonteiningswet verskaf.
Bronne: X
Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig






One Response
Mr Trump and Mr Musk… Please… Statistics is where you had to focus on… Talk to people who’s been through the pain of Genocide.. Don’t swallow lies for truth… Coz the truth is… That the genocide and rasicm is real against white South Africans.. Please America… Don’t let us… the people of SA… down… Please 🙏🙏🙏