John Steenhuisen waarsku teen afdanking van DA-minister

Lees ook :

John Steenhuisen waarsku teen afdanking van DA-minister
John Steenhuisen waarsku teen afdanking van DA-minister fotokrediet: DA

Lees ook: Ramaphosa het finale besluit oor Bela-wet, sê presidensie

John Steenhuisen het gewaarsku teen pogings om die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, af te dank “omdat sy haar werk doen”.

Die DA en Steenhuisen het gesê die afdanking van DA-ministers “wat hulle werk doen” sal die einde van die RNE wees.

Volgens Steenhuisen is daar waninligting oor die konsultasieproses wat plaasvind oor klousules 4 en 5 sedert pres. Ramaphosa byna drie maande gelede die Bela-wet geteken het. Die konsultasies is steeds aan die gang in die RNE.

Gwarube het ’n skikking met Solidariteit bereik wat apart is van die konsultasie om stakings te keer wat deur haar, die presidensie en Solidariteit onderteken is.

Die presidensie het gesê die skikking het geen invloed op Ramaphosa se besluit nie, wat die DA sê is “skandelik” en “maak dinge deurmekaar” want hulle distansieer hul van ’n skikking waarvan hulle deel was.

Bronne: DA

Lees ook: Ramaphosa het finale besluit oor Bela-wet, sê presidensie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief