Jong leerling sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: Laerskool La Hoff

NOORDWES. – Michelle van Rooyen, ‘n leerling van Laerskool La Hoff in Klerksdorp, het in ‘n ongeluk waarin sy, haar pa, haar ma en suster betrokke was, gesterf.

Die jong oorledene se pa, Mike van Rooyen, is ‘n onderwyser van die skool. Hy, sy vrou Elloise en hulle ander dogter, Lize, is na die ongeluk met beserings in die hospitaal opgeneem. Die skool het Michelle se afsterwe op die skool se sosialemediablad gedeel. Boodskappe van medelye het ingestroom.

“Ons innige simpatie aan mnr. Mike en sy familie, met die afsterwe van ons Hoffie-maatjie, Michelle, tydens ‘n motorongeluk. Ons bid vir die Van Rooyen-familie gedurende hierdie tyd en wens vir mnr. Mike, sy vrou Elloise en Lize, spoedige beterskap toe, terwyl hulle aansterk in die hospitaal.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief