Sean Kyle (24) is verlede Dinsdagoggend oorlede nadat hy glo gedurende Februarie by Hengelaarsvriend in Pretoria bilharzia opgedoen het.
Anna Marie Oppel het op 7 Mei op Facebook gesê haar seun is drie maande nadat hy siek geword het met bilharzia gediagnoseer. Kyle was nie lid van ‘n mediese fonds nie en sy gewig het weens die ongediagnoseerde siektestoestand van 80 kg na 54 kg geval.
Kyle was Valentysdag by Hengelaarsvriend. Hy het die water ingegaan en vier dae later begin siek word. Na besoeke aan dokters en ‘n besoek aan ‘n staatshospitaal in Pretoria, is hy uiteindelik in Bloemfontein in ‘n hospitaal opgeneem waar ‘n diagnose gemaak is. In Pretoria is hy twee keer gesê om na nege dae eers sy bloeduitslae te gaan kry en beide kere het sy uitslae glo weggeraak. Intussen het sy organe skade opgedoen.
Behandeling het te laat gekom. Oppel sê op Facebook hulle gaan vir ‘n nadoodse ondersoek vra.
Bronne: Anna Marie Oppel Facebook-blad en Rekord





