Jong man wat soos Nick Frischke lyk laat hoop opvlam

Lees ook :

Nick Frischke-familie hoopvol na hy glo in Plettenbergbaai gesien is
Nick Frischke-familie hoopvol na hy glo in Plettenbergbaai gesien is fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nick Frischke-verdagtes amptelik aangekla

KAAPSTAD. – Die vermiste Duitse toeris, Nick Frischke se familie is hoopvol na gerugte van iemand wat soos hy lyk wat op Plettenbergbaai gesien is. ’n Toeris het gesê hulle het ’n jong man wat soos Frischke lyk gesien. Hy was verward en het in Duits gemompel.

Die polisie en NPA het gesê hulle het die inligting opgevolg, maar niks het daarvan gekom nie.

Frischke se pa het gesê hulle weet van die gerugte en het gevra mense moet op die uitkyk wees vir hom.

Aanklagtes teen een van die verdagtes betrokke in die Frischke-saak is laat vaar. Die ander vier verdagtes is aangekla van verskeie misdrywe insluitend roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die moord van Nick Frischke.

Frischke het op 14 Februarie verdwyn na hy in Hangberg gaan stap het. Die verdagtes het hom glo beroof en is later met sy besittings en ’n mes gevind.

Nog ’n persoon is dieselfde dag as wat Frischke verdwyn het, beroof en ’n dag later het die verdagtes glo by nog iemand se huis ingebreek.

Bronne: IOL, News24, 2 Oceansvibe

Lees ook: Nick Frischke-verdagtes amptelik aangekla

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief