Jong seun ‘ernstig aangerand’ – drie in aanhouding

Lees ook :

Foto's: Oom Toor Vannie Ses - Skermgrepe van video-opname

WES-KAAP. – Justin Limco (21), Nathan Niewenhuis (24) en Zane Marthinus (34) het vir die beweerde ernstige aanranding op ‘n seun (9) op 27 Januarie in Klapmuts, in die Paarl-landdroshof verskyn.

Kol. André Traut het die voorval aan FiND iT bevestig en gesê die voorval van aanranding met die opset om ernstig te beseer, wat deur die polisie ondersoek word, het by spoorweghuise gebeur.

Traut sê die drie mans het Dinsdag in die hof verskyn en die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel.

Die voorval het gebeur nadat die minderjarige seun na bewering van die diefstal van R600 beskuldig is.

Die video, wat wyd en syd op sosiale media versprei word, is so ontstellend dat dit oral weer afgehaal word en slegs skermskote van die video geplaas word.

In die video word die vreesbevange seun, wie se hande met kabelbinders aan ‘n metaalsaag vasgebind is, natgespuit terwyl hy met ‘n motorbattery geskok word. Daarna word hy met ‘n gordel geslaan. Vervolgens word hy kop eerste in ‘n vullisblik met wiele gesit. Hy word dan uitgehaal, die kabelbinders word afgehaal en hy word terug in die vullisblik met klippe bo-op gesit, terwyl daarteen geslaan word. Die mans stop nie en tap water in die vullisblik.

Die seun, wat by sy ouma gewoon het, woon volgens Daily Voice beriggewing nou by sy ma.

Bronne: SAPD, IOL, Daily Voice en Cape Town etc.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief