Jong seun glo verkrag, man in arres

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Slagoffer (9) is glo Sondag in Bronville, Welkom, verkrag, waarna ‘n verdagte (49) in hegtenis geneem is.

Kapt. Loraine Earle sê na bewering het die ma op 5 Januarie omstreeks 18:00 haar twee minderjarige kinders tuis in haar kêrel se sorg gelaat, waarna sy saam met ‘n persoon na die plaaslike taxistaanplek gestap het. Toe sy by die huis kom, was haar seun nie in sy bed nie. Sy en haar kêrel het na die kind begin soek.

Die seun, wat by sy tannie se huis gevind is, het aan sy ma vertel hy was verkrag. Hy is glo geld gegee voordat hy verkrag is. Die beweerde misdaad is by die polisie aangemeld, waarna die verdagte gesoek en gearresteer is.

Die verdagte sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief