OOS-KAAP. – ‘n Jong seun en sy vriende het Sondag in ‘n dam in ‘n mielieland naby ‘n stortingsterrein in Maletswai op die liggaam van ‘n vrou in ‘n tas afgekom. Die oorledene se kêrel (34) is binne 24 uur in hegtenis geneem.
Brig. Nobuntu Gantana sê nadat die jong seuns die grusame ontdekking gemaak het, is nooddienste ontbied en die vrou is op die toneel dood verklaar. Speurders en die K9- biologiese honde-eenheid het dadelik ondersoek ingestel. Belangrike bewyse is ingesamel waartydens die misdaadtoneel en ‘n verdagte wat aan die toneel verbind is, geïdentifiseer is. Hy bly in aanhouding en sal na verwagting binnekort op ‘n aanklag van moord in die Aliwal-Noord-landdroshof verskyn.
Die polisie sê die ondersoek duur voort om die presiese omstandighede en motief agter die misdaad te bepaal.





