Brekende Nuus
Afrikaans

Joshlin Smith se verdwyning word steeds ondersoek

Foto's: Primêre Skool Diazville en Lesweene Weene Alexander Facebook-blad
Foto's: Primêre Skool Diazville en Lesweene Weene Alexander Facebook-blad

WES-KAAP. – Die ondersoek na die verdwyning van Joshlin Smith is steeds aktief, ondanks die skuldigbevindings wat reeds in verband met die saak verkry is. “Die prioriteit bly om Joshlin te vind en antwoorde aan haar familie te verskaf.”

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits Die polisie lewer nie gewoonlik kommentaar op verklarings of menings van persone buite die ondersoek nie. Inligting wat moontlike bewyswaarde het, word deur gevestigde ondersoekprosesse beoordeel om die relevansie en geloofwaardigheid daarvan te bepaal. Alle inligting wat sedert Joshlin se verdwyning ontvang is, is deur ondersoekbeamptes beoordeel en opgevolg waar nodig. Die polisie sê die ondersoek is nog nie afgehandel nie en pogings om Joshlin op te spoor, duur voort.

Rev. June Dolley Major, wat by die soektog betrokke is, het ‘n mediakonferensie gehou en gesê dat ’n vrywillige soekspan oor die afgelope twee jaar verskeie items in die Saldanha-duine gevind het. Volgens haar kan dit moontlik met Joshlin se verdwyning verbind word. Sy het ‘n beroep op die polisie gedoen om die items behoorlik te ondersoek en forensies te toets.