‘n Kuur vir snork?

Lees ook :

’n Paar druppels olyfolie in elke neusgat voordat jy gaan slaap. Dit kan dalk die kuur vir jou gesnork wees!

Boererate word deur die meeste mense as ouvroustories gesien. Stem jy saam of dink jy boererate het nog ’n plek in die samelewing?

So moet jy maak

Hier is ’n boereraat of twee uit Danie Smuts se boek Boererate vir as jy of jou wederhelfte snork.

’n Persoon wat snork, moet geensins swaar verterende kosse met aandete geniet nie. As daar te veel las op die spysverteringstelsel geplaas word, snork ’n mens. ’n Te groot alkoholinname kan ook tot ‘n gesnork bydra.

’n Lae, plat kussing eerder as ’n hoër kussing word aanbeveel.

’n Toutjie kan ook aan die groottoon gebind word en aan die voetenent van die bed vasgemaak word. Wanneer die snorker dan droom, beweeg die voet en die gesnorkery stop onmiddellik.

’n Paar druppels olyfolie elke aand in elke neusgat word ook as kuur vir snork voorgestel.

Vir watter skeet of pyn soek jy boererate? Laat weet ons in die kommentaar hier onder!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. My ma is jare gelede met Lewey Body Demence gediagnoseer, om die storie kort te maak, die siekte is heeltemal onder beheer. Geen gevalle van hallusinasies, swakheid, spierpyn of bewing, selfs geheueverlies nie. Ek waardeer u Solution Herbal Clinic vir u massiewe hulp, danksy u kruie, as u hulle kontak by https://solutionsherbalcli.wixsite.com/remedies. E-pos by: [email protected]

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief