Juanita du Plessis onttrek aan KKNK weens broer se gesondheid

Lees ook :

Foto's: Pieter Naudé Facebook-blad

Pieter Naudé, broer van die sangeres Juanita du Plessis, wat teen breinkanker veg, is tans kritiek siek en dit het haar genoop om aan die KKNK in Oudtshoorn te onttrek.

Du Plessis het die besluit Saterdag op sosiale media gedeel en gesê alhoewel sy die besluit en rede eerder privaat sou wou hou, voel sy haar besluit moet aan die publiek verduidelik word. Die sanger en akteur Robbie Wessels sal vir Du Plessis instaan.

Die familie wil eerder die tyd wat nog oor is saam met haar broer deurbring.

Lees die volledige plasing hier onder:

Dis met ‘n baie seer hart dat ek vanoggend die skryf… Seer in soveel opsigte…

In my loopbaan van amper 27 jaar was dit nog nooit nodig om ‘n vertoning te kanselleer of nie op te daag nie. En daarvoor is ek dankbaar. Maar vandag moes ek ‘n keuse maak…

Ek wou nie enige hiervan in die media of op sosiale platforms deel nie, want my en my familie se privaatheid is vir my baie kosbaar en baie belangrik.

Maar ek voel ek skuld ‘n verduideliking aan my opregte en lojale ondersteuners.

My boetie veg al die afgelope tyd ‘n baie harde en moeilike stryd teen breinkanker en ons het die slegte nuus gekry dat hy op ‘n baie kritieke stadium is…

Daarom sal ek ongelukkig nie KKNK se vertoning in Oudshoorn kan doen nie. Ek wil graag die bietjie tyd wat ons nog het saam met hom spandeer…

Baie dankie aan die KKNK organiseerders dat julle begrip het en ‘n groot dankie aan my vriend Robbie Wessels wat bereid is om vir my in te staan. Ek is seker julle gaan hom baie geniet.

Ek’s rêrig jammer en hoop ek kan in die toekoms opmaak hiervoor.

Ek vra ook dat ons as familie se privaatheid gerespekteer word in hierdie tyd.

Liefde x

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief