Judith Masters en Fabien Genin se moordenaars gevonnis

Lees ook :

Foto: Witkruis Monument

OOS-KAAP. – Prof. Judith Masters (67) en dr. Fabien Genin (51), bekende akademici, wat op 30 September 2022 in hulle huis in Hogsback vermoor is, se drie moordenaars is tot sewe keer lewenslank en 60 jaar addisionele tronkstraf gevonnis.

Silindokuhle Mangali (22), Sakhele Limba (34), en Wanda Limba (30) is elk gevonnis vir inbraak, roof en dubbele moord, en Mangali ook vir verkragting. Die paar was voorheen aan die Universiteit van Fort Hare verbonde. Masters was ‘n primatoloog en Genin ‘n Franse bioloog.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê daar is by die huis in Hogsback in die Amathole-berge ingebreek. Genin is aangerand en met ‘n skerp voorwerp gesteek, waarna hy vasgebind is. Masters is verkrag voordat sy verwurg is.

“’n Nadoodse ondersoek het die erns van die slagoffers se beserings aan die lig gebring, insluitend traumatiese breinskade en verwurging.”

Adv. Andile Nohiya het aangevoer die beskuldigdes het menslike lewe en waardigheid verontagsaam en het voorts gesê hul misdade het ‘n onuitwisbare merk op die gemeenskap gelaat, en dit is noodsaaklik dat geregtigheid moet geskied.

Mangali is drie keer lewenslank en 20 jaar, Sakhele en beide Limbas elk twee keer lewenslank en 20 jaar, gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief