Lees ook: Buitelander in hegtenis wat presidensiële inhuldiging probeer bywoon
OOS-LONDEN. – Julius Malema getuig vandag in die vuurwapensaak teen hom.
Malema en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, word aangekla op ses aanklagte na Malema glo in 2018 ‘n vuurwapen afgevuur het tydens die EFF se vyfde bestaansjaarviering.
Die leier van die EFF het gister gesê die geweer waarmee hy geskiet het, was ‘n speelding. Hy het ook gesê die regter gebruik die saak om sy loopbaan te bevorder. Malema het ook beweer die hof word misbruik vir politieke redes en dat daar “rassisme” agter die aanklag skuil.
Bronne: ECR, IOL, EWN
Lees ook: KYK: President Cyril Ramaphosa se inhuldiging het begin





