Junior lewensredder spring in en help op lughawe

Lees ook :

Junior lewensredder spring in en help op lughawe. Foto's: Instagram

DURBAN, KZN. – Leya Moser (18) het onlangs vinnig gereageer toe ’n bejaarde man op 2 April op die King Shaka- internasionale lughawe ’n mediese noodgeval gehad het.

Volgens Clifton Surf Livesaving, waarvan Moser ’n lid is, het die man op sy rug gelê en het stuiptrekkings gekry. “’n Groot hoeveelheid bloed het by sy mond uitgekom en hy het nie gereageer nie.”

Moser het glo vinnig opgetree en die man in die herstelposisie geplaas. Sy het handskoene aangetrek en hom duidelike instruksies gegee.

Die man was gered van moontlike verstikking totdat die paramedici opgedaag het.

Clifton Surf Livesaving het hulle trots uitgespreek oor Moser, wat ’n junior lewensredder is. Volgens hulle kan lewensredding op enige plek toegepas word – selfs op ’n lughawe.

Bronne: CSL, Instagram

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief