Justin Baldoni dagvaar Blake Lively en Ryan Reynolds vir $400 m.

Lees ook :

Justin Baldoni dagvaar Blake Lively en Ryan Reynolds vir $400 miljoen fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Blake Lively en Justin Baldoni stel nuwe regsaksies in

VSA. – Justin Baldoni het Blake Lively en haar man, Ryan Reynolds, hulle reklameagent, Leslie Sloane, en Sloane se firma, Vision PR, Inc, vir $400 m. gedagvaar oor die It Ends With US-drama.

Baldoni se dagvaarding volg na Lively in Desember ’n regsklagte teen Baldoni ingedien het met die bewering dat hy haar seksueel geteister het en ’n veldtog geloods het om haar reputasie te vernietig.

Baldoni het Lively vir $400 m. skadevergoeding vir beweerde naamskending, afpersing en skending van privaatheid gedagvaar.

Lively se regspan het Baldoni se dagvaarding “nog ’n hoofstuk in die mishandelaar se boek” genoem. Hulle het gesê die bewyse wat hulle het, sal toon dat die ander mense op die stel hulle eie probleme met Baldoni en Wayfarer gehad het.

Bronne: BBC, Page Six, People

Lees ook: Blake Lively en Justin Baldoni stel nuwe regsaksies in

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief