Kaapse Forum verwerp uitsprake oor bruinmense in podsending

Lees ook :

Foto: Kaapse Forum

WES-KAAP. – Kaapse Forum het kritiek uitgespreek oor aanmerkings op ‘n Open Chats-podsending waarin die bruin gemeenskap as “mal” en “bloedskandelik” beskryf is.

“Hierdie stellings is aanstootlik en ’n aanval op die menswaardigheid van bruinmense,” het Heindrich Wyngaard, voorsitter van Kaapse Forum, gesê.

Hy beskou die aanbieders van Open Chats se verskoning as onvoldoende en sê daar was geen werklike aanspreeklikheid of regstellende optrede nie.

Kaapse Forum gaan ’n klag by die Menseregtekommissie indien en eis dat die span van Open Chats ’n opvoedkundige inisiatief steun ter ondersteuning van bruin gemeenskappe.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief