Kaapse toeris in Augrabies Nasionale Park vermis

Lees ook :

Foto: Nuusflits

NOORD-KAAP. – ‘n Kaapse toeris (66) het Donderdag by die Augrabies Nasionale Park ingeboek en vermoedelik Vrydag gaan stap. Hy het egter nie teruggekeer nie en word tans gesoek.

Weens ‘n versoek van die familie word die vermiste persoon nie geïdentifiseer of ‘n foto vrygestel nie.

Kol. Cherelle Ehlers sê parkwagters het bekommerd geraak toe hy teen laatmiddag nog nie teruggekeer het nie en het hom as vermis by die plaaslike polisie aangemeld. Die vermiste man se voertuig en persoonlike besittings is steeds by die park. ‘n Soektog is deur die Augrabies-polisie, die polisie se lugvleuel, Upington se soek-en-reddingseenheid, die Upington-honde-eenheid en ‘n hommeltuigvlieënier geloods.

Enigiemand met inligting om die vermiste persoon op te spoor, word gevra om kapt. Robert Turner by 082 770 4208 of sers. Tshepo Marungwana by 084 298 5101 te bel.

Volgens ‘n plasing van South Africa National Parks op 10 April ondervind die vloei van die watervalle 8 keer meer sy normale vloei.

“Augrabies Falls National Park is thundering with power! On April 10, 2025, the majestic Orange River cascaded down the 56 m waterfall at a staggering 427 cubic meters per second – over 8 times its normal flow! Thanks to recent rains and releases from Vaal and Gariep Dams, the flow is expected to peak at 3 000 cubic meters per second by April 18, just in time for Easter. For the next two weeks, witness this natural wonder at its most spectacular. It’s the perfect time to #LiveYourWild

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief