Kaapstad gekritiseer oor Steve Hofmeyr se insluiting in Theuns Jordaan-huldeblykkonsert

Lees ook :

Kaapstad word kritiseer vir Steve Hofmeyr se insluiting in Theuns Jordaan-huldeblykkonsert
Kaapstad word kritiseer vir Steve Hofmeyr se insluiting in Theuns Jordaan-huldeblykkonsert fotokrediet: Facebook

Lees ook: Man wat glo uit aanhouding in hospitaal ontsnap weer gevang

KAAPSTAD. – Die Stad Kaapstad het ‘n huldeblykkonsert vir Theuns Jordaan gereël wat volgende jaar sal plaasvind.

Die konsert het kritiek ontlok oor Steve Hofmeyr se deelname aan die konsert. Daar was ook klagtes oor die gebrek van “diversiteit” in die kunstenaars.

Die sangers wat sal deelneem aan die huldeblykkonsert vir Theuns Jordaan, wat in 2021 in die ouderdom van 50 na ‘n stryd teen kanker oorlede is, sluit in: Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ray Dylan, Dozi, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Jay du Plessis, Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Danny Smoke, Liezel Pieters, Lianie May en Jacques du Plessis.

Die sangers is gekies deur Jordaan se vriend, Jacques du Plessis, wat vir 14 jaar saam met hom getoer het. Du Plessis het die kunstenaars gekies wat Jordaan se naaste vriende was en ‘n rol in sy lewe gespeel het.

Die kritiek is omdat Hofmeyr vroeër die jaar ‘n boete van R100 000 moes betaal oor kommentaar wat hy in 2022 oor die LGBTQ-gemeenskap gemaak het.

Die groep aan wie Hofmeyr die geld moes betaal, het gesê hulle is “bekommerd” oor die feit dat die stad ‘n konsert gereël het en ondersteun waarvan Hofmeyr deel is. Nog ‘n groep het gekla oor die keuse van Hofmeyr bo persone wat deel vorm van die LGBTQ-gemeenskap.

Die stad se woordvoerder het gesê hulle borg slegs die konsert en het geen sê in wie optree nie. Hulle het ook gesê hulle wil nie in die pad staan van Hofmeyr of die ander kunstenaars wat hulde aan hulle vriend wil bring nie.

Die Theuns Jordaan-konsert sal op 6 Januarie in die DHL-stadion plaasvind.

Bronne: IOL, VN Explorer, Iscaninfo.com

Lees ook: Man wat glo uit aanhouding in hospitaal ontsnap weer gevang

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief