Kaapstad is ‘beste’ stad in wêreld

Lees ook :

Lees ook: SA verwelkom skietstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas

Time Out, die Britse media- en gasvryheidsmaatskappy, het Kaapstad gekies as die beste stad in die wêreld vir 2025. Die uitslag is gebaseer op die menings van 18 500 mense wêreldwyd.

Die vrae in Time Out se opname het oor kos, naglewe, kultuur, bekostigbaarheid, geluk en die stad se vibe gegaan.

Kaapstad het hoë punte gekry vir 44 verskillende kriteria met 82% van Kaapstad inwoners wat gesê het die stad is beeldskoon en 97% wat van mening is die stad maak hulle gelukkig.

Die globale top-tien stede volgens Time Out is:

  1. Kaapstad, Suid-Afrika
  2. Bangkok, Thailand
  3. New York, VSA
  4. Melbourne, Australië
  5. Londen, Engeland
  6. New Orleans, VSA
  7. Mexicostad, Mexico
  8. Porto, Portugal
  9. Shanghai, China
  10. Kopenhagen, Denemarke

Bronne: BusinessTech, IOL, EWN

Lees ook: SA verwelkom skietstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief