Brekende Nuus
Nuus

Stad Kaapstad gaan SAMRK se aansoek oor munisipale eiendom teenstaan

Foto: Stad Kaapstad

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se aansoek om die vrystelling van 49 munisipale eiendomme vir ontwikkeling te stuit, ten sterkste teenstaan. Die eiendomme sluit onder meer 28 eiendomme in wat vir residensiële ontwikkeling bestem is en volgens die Stad voorsiening moet maak vir behuisingsbehoeftes in laer- en middelinkomstegebiede.

Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, beskuldig die SAMRK daarvan dat hy polities optree en sê die aansoek kom sowat ses maande nadat die Stad aanvanklike navrae beantwoord het. Volgens hom is die betrokke eiendomme reeds deur uitgebreide prosesse, insluitend openbare deelname, voordat dit in Februarie 2026 opgeveil is. Die Stad voer aan dat die ontwikkeling van die eiendomme ook kommersiële en nywerheidsgeleenthede sal skep. Dit sluit gebiede soos Mitchells Plain, Maitland, Goodwood, Kraaifontein, Somerset-Wes, Durbanville, Atlantis, Delft en Parow in.

Die Stad sê hy het gedurende die huidige ampstermyn reeds 14 terreine vir bekostigbare behuising beskikbaar gestel, met die potensiaal vir sowat 7 000 wooneenhede. Nog 39 terreine is in die pyplyn. Die Stad sê ook grondvrystelling het tot dusver R628 miljoen se inkomste opgelewer, wat weer in dienste en infrastruktuur belê word.

Druk hier om meer te lees.