KAAPSTAD. – Die 46ste Kaapstad-fietstoer vind Sondag 10 Maart 2024 in Kaapstad plaas. Dit is die grootste fietswedren ter wêreld waar deelnemers se rytyd geneem word. Altesaam 27 500 fietsryers het vir hierdie ikoniese wedren ingeskryf.
Die 109 km roete begin Sondagoggend in die skaduwee van Tafelberg en eindig in Groenpunt. Fietsryers sal onder andere verby die Kasteel, Chapman’s Peak, Houtbaai en Clifton ry. ‘n Verdere 2 500 fietsryers sal die korter roete deur die stad aandurf.
Talle paaie sal Sondag gesluit wees. Kyk hier of dit jou sal beïnvloed.
JP Smith, stadsraadslid van Kaapstad, sê die fietswedren lok fietsryers van regoor die wêreld. Volgens hom is dit ook ’n groot inspuiting vir die plaaslike ekonomie.
Meer as 100 000 toeskouers word vir Sondag in die Moederstad verwag. ’n Toeskouersarea sal in Paradiseweg in Claremont afgesper word. Besoek Cape Town Cycle Tour vir meer inligting.
Die roete:

Bronne: Cape Town Cycle Tour, Cape Town ETC





