Meer foto’s in berig.
GAUTENG. – ’n Vermeende kabeldief is Maandag dood aangetref, nadat hy kort ná 16:00 sowat 25 meter hoog in ’n selfoontoring van Stad Tshwane vasgekeer is. Die polisie het bystand van nooddienste versoek.
Volgens die Volunteer Emergency Medical Response Unit (VEMRU) is die voorval as ’n vermoedelike kabeldiefstal aangemeld, waarna reddingstegnici van Stad Tshwane se nooddienste ontplooi is om toegang tot die toring te verkry. Hulle het die persoon in die toring aangetref, waarna gespesialiseerde eenhede, insluitend die brandweer, die liggaam veilig kon uithaal.
VEMRU sê die liggaam is na ’n veilige plek verskuif waar paramedici dood bevestig het. Die toneel is daarna vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.









