Kabelo Gwamanda dreig Johannesburg-speaker met regsaksie

Lees ook :

Kabelo Gwamanda dreig Johannesburg-speaker met regsaksie
Kabelo Gwamanda dreig Johannesburg-speaker met regsaksie fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Kabelo Gwamanda op spesiale verlof geplaas

Die voormalige burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, het die Johannesburgse speaker, Nobuhle Mthembu, met regsaksie gedreig.

Dit volg op Gwamanda se afdanking as die MMC vir gemeenskapsontwikkeling na ’n interne ondersoek wat gevolg het na hy van bedrog aangekla is.

Gwamanda het gister in ’n brief van sy prokureur gesê sy afdanking voldoen nie aan die vereistes van die wet nie en dat hy afgedank is sonder waarskuwing en nie kon reageer op aantygings voor hy afgedank is nie.

Hy beweer ook sy afdanking is op sosiale media aangekondig en dis hoe hy daarvan uitgevind het en dat hy ’n verskoning wil hê.

Gwamanda het ook beweer die speaker het ’n atmosfeer van vyandigheid en vooroordeel teen hom geskep met sy openbare verklarings. Sy prokureurs het Mthembu tot môre gegee om te reageer op hulle eise en om ’n verskoning te gee.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, TimesLIVE

Lees ook: Kabelo Gwamanda op spesiale verlof geplaas

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief