Kampeerder oorleef hiëna-aanval, nóg voorvalle by Cape Vidal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Nicolas Hohls (27) van Sunset Farm in Eshowe is laat Saterdag deur twee hiënas in sy tent by die Cape Vidal-kampeerterrein in die iSimangaliso-vleilandpark aangeval. Dit was die tweede hiëna-aanval in minder as ’n maand by dié kampeerterrein.

Hohls het terugbaklei, maar het beserings aan sy kop, gesig, hand en been opgedoen en moes op 31 Augustus plastiese chirurgie in die Netcare Alberlito-hospitaal in Ballito ondergaan.

‘n Johannesburgse sakeman is drie weke gelede by dieselfde kampeerterrein deur ’n hiëna gebyt en het ’n deel van sy neus verloor. Gedurende 2016 is ’n Cape Vidal-besoeker van Nelspruit aan sy gesig beseer toe ’n hiëna deur die gaasvenster van sy tent gebyt het.

Volgens Colin Hohls, Nicolas se pa, was die tent was nie heeltemal toe tot bo nie. ‘n Hiëna het Nicolas aan sy been by die tent probeer uittrek, waarna ‘n tweede hom aangeval het. Nicolas het verwoed terugbaklei terwyl Colin hom te hulp gesnel het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief