Sewende verdagte in ontvoeringsaak in Gqeberha in hegtenis

Lees ook :

Foto: Tracey Fourie

OOS-KAAP. – ’n Sewende verdagte wat verbind word met die ontvoering van Tracey Catherine Fourie (62), van Gqeberha, is Dinsdag deur die Valke in hegtenis geneem.

Lt.kol. Avele Fumba, Valke-woordvoerder, sê ses verdagtes het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding. Die sewende verdagte het aanvanklik inhegtenisneming vrygespring, maar is tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie in New Brighton vasgetrek. Hy verskyn vandag (Donderdag) saam met sy mede-beskuldigdes rakende die ontvoering in die landdroshof in Gqeberha.

Mthetho Ntleko (46), Mzameni Matyunza (51), Malibongwe Dayile (33), Nyaniso Sabundla (51), Aviwe Twatwa (26) en Tamsanqa Matlabe (24) het reeds op aanklagte van ontvoering, mensehandel, afpersing, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook die besit van ’n verbode seinblokkeerder in die hof voorgekom.

Luxulo Tyali, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beskuldigdes het na bewering op 20 Augustus saamgespan om Fourie vir geldelike gewin van haar vryheid te ontneem. Sy is vanaf studenteverblyf in Sydenham in ’n voertuig van Kariega ontvoer en tot 25 Augustus in ’n kamer aangehou. ‘n Losprys van R5 miljoen is aanvanklik vir haar vrylating gevra, maar nadat R200 000 betaal is, is sy vrygelaat.

Op 27 Augustus het owerhede ’n multiband-seinblokkeerder by een van die beskuldigdes in Newton Park, Gqeberha, gevind. Dieselfde dag is ’n .38 Special-rewolwer en ’n houer lewendige patrone in Motherwell opgespoor. Geen van die beskuldigdes het geldige lisensies vir hierdie vuurwapens gehad nie.

Tyali is in 2016 skuldig bevind aan verkragting en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis, Sabundla is in 1991 skuldig bevind aan roof en tot 22 jaar gevangenisstraf gevonnis. Twatwa het ’n hangende saak in die Kariega-landdroshof vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Ntleko, Matyunza en Matlabe het geen vorige of hangende sake nie.

Die saak word vandag (Donderdag) vir ‘n formele borgtogaansoek in die hof aangehoor. Die aanklagte val onder skedule 6 en die nasionale vervolgingsgesag het aangedui hulle gaan die borgtogaansoek teenstaan.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief