‘Kaper’ doodgeskiet, verdagtes gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Beweerde kaper is Saterdag deur die polisie in New Brighton doodgeskiet. Nog twee verdagtes in die gekaapte voertuig is gearresteer.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê na bewering het twee gewapende verdagtes omstreeks 20:30 ‘n stilstaande silwerkleurige Opel Corsa in Ntshekisastraat gekaap. Die gekaapte individu is ongeskaad. ‘n Saak is by die polisie aangegee en die motor is op alle polisieradiostelsels gesirkuleer.

Die voertuig is omstreeks 23:45 met drie insittendes in Kwazastraat opgemerk en vasgekeer. Dit is takties deur ‘n polisiebeampte genader, waarna een van die verdagtes glo ‘n vuurwapen op hom gerig het. Die verdagte is deur die polisiebeampte doodgeskiet en die twee ander verdagtes is gearresteer. ‘n Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, sowel as die voertuig, is vir verdere ondersoek gekonfiskeer.

‘n Saak van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom met ‘n addisionele klagte van besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie word ondersoek.

‘n Geregtelike doodsondersoek wat geopen is, word deur Opod, die polisiewaghond, ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief