‘Kapingsindikaat’ vir voertuie na Eswatini oopgevlek, voertuie teruggevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Beweerde oorgrens-sindikaat wat glo voertuie kaap en na Eswatini smokkel, is in ‘n huis in Kiblerpark, suid van Johannesburg, oopgevlek. Vier voertuie is teruggevind.

Kol. Mavela Masondo sê die polisie saam met Ekurhuleni-metropolisie en die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het inligting van die sindikaat ontvang. Die inligting het na die huis gelei waar die vier voertuie – ‘n Toyota Fortuner, gesteel in Jeppe, ‘n Isuzu-bakkie, gesteel in Heidelberg, ‘n BMW waarmee gepeuter is en ‘n Land Rover Discovery – in die erf ontdek is.

In die huis is verskillende Eswatini-nommerplate, motorregistrsiedokumente, selfgemaakte VIN-nommers, implemente en stensils wat gebruik word om die VIN-nommers te druk, gekry.

‘n Burger van Eswatini, wat in die huis was, is in hegtenis geneem en op aanklag van die besit van gekaapte motorvoertuie aangekla.

“Meer arrestasies word verwag soos wat die ondersoek voortduur.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief