KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, is vanoggend met skietwonde aan sy bolyf in Riverbedweg in Demat, naby Klaarwater, in Umlazi gevind.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is omstreeks 07:00 na ‘n toneel waar ‘n beweerde kapingslagoffer in Umlazi geskiet is.
“Terwyl die SAPD, metropolisie, opsporingsbeamptes en veiligheidsbeamptes na die slagoffer en voertuig gesoek het, was paramedici onderweg na Umlazi, suid van Durban.”
Nadat die slagoffer en die voertuig gevind is, is paramedici na Riverbedweg beduie, waar die slagoffer was.
“Paramedici het op die toneel gevind ‘n man, vermoedelik in sy twintigs, het skietwonde aan sy bolyf opgedoen.”
Jamieson sê die slagoffer het geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar, waarna die toneel afkordon is en aan die polisie oorhandig is.
“Daar word beweer dat die man vir ‘n opsporingsmaatskappy gewerk het. Sy maatskappyvoertuig is kilometers ver van waar hy gevind is, opgespoor. Die SAPD sal hierdie voorval ondersoek.”





