Karavaanbrand eis ma en dogter

Lees ook :

Karavaanbrand eis ma en dogter. Foto ter illustrasie: Canva

POSTMASBURG, NOORD-KAAP. – ’n Ma (37) en haar dogter (10) is Maandag oorlede toe hulle karavaan in Postdene, Postmasburg aan die brand geslaan het.

Volgens speursersersant Christopher Kgomonyane het die brand om 2:00 Maandagoggend ontstaan terwyl die ma en haar drie kinders in hulle karavaan geslaap het. Die karavaan was in Pleinstraat parkeer.

’n Buurvrou het die twee seuns van 5 en 13 jaar oud gered. Volgens speursersant Kgomonyane is die ma en dogter op die toneel dood verklaar. Die seuns ontvang tans mediese behandeling in ’n hospitaal.

Enigiemand met inligting rakende die voorval kan speursersant Kgomonyane by 063 453 9112 kontak.

Bronne: SAPD, Kalahari Memorandum Digital

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief