Kardinale berei voor vir môre se verkiesing van nuwe pous

Lees ook :

Kardinale berei voor vir verkiesing van nuwe pous wat môre begin fotokrediet: X

VATIKAAN. – Verskeie kardinale het in Rome begin aankom vir die laaste voorbereidings voor die verkiesing van die nuwe pous (konklaaf) môre (Woensdag) begin. Vir eeue reeds word die pous uit kardinale gekies.

Lees ook: Vatikaan kondig datum aan vir verkiesing van nuwe pous

Daar sal verskeie rondtes van stemme wees tot ’n opvolger deur konsensus gekies word. Alle geskikte manlike kandidate moet Katoliek wees. Die suksesvolle kandidaat het ‘n tweederdemeerderheid stemme nodig om as pous verkies te word. Al die kardinale se stemme het ewe veel waarde.

Altesaam 133 kardinale neem aan die konklaaf deel. Alle radio’s, televisies en telefone is uit die Sixtynse Kapel verwyder en die Wi-Fi is blokkeer om seker te maak die stemming vind in absolute geheimhouding plaas.

Almal, insluitend die kardinale, priesters, skoonmakers, dokters en enigiemand in die gebou, word tot stilswye gesweer.

Persone wat nie deel is van die verkiesing nie, sal gevra word om die Sixtynse Kapel te verlaat. Die meester en nog een klerikale beampte sal bly en die kardinale inlig oor die probleme wat die kerk moet deurmaak en die groot verantwoordelikheid wat op hulle rus. Daarna sal die kardinale alleen gelaat word.

Elke kardinaal sal dan ’n naam van sy keuse op ’n papier in vermomde handskrif skryf, dit in die helfte vou en in ’n nis by die altar plaas, waar dit geskommel word, oopgemaak word en getel word deur drie kardinale wat gekies is om waarnemers te wees.

Die derde waarnemer werk die getelde stemme met garing vas, waarna dit verbrand word.

Hierdie proses duur voort totdat ’n duidelike besluit geneem is. Al die stemme word verbrand en as swart rook sigbaar is, is dit ‘n aanduiding ’n besluit is nog nie geneem nie. As ’n nuwe pous gekies is, sal wit rook of fumata bianca uit die skoorsteun van die Sistynse Kapel kom en ’n klok sal gelui word.

Bronne: The Irish Sun, Daily Mail, Yahoo

Lees ook: Vatikaan kondig datum aan vir verkiesing van nuwe pous

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief