Katy Perry en nog vrouens veilig terug uit die ruimte

Lees ook :

Katy Perry en nog vrouens veilig terug van die ruimte fotokrediet: X

VSA. – Die biljoenêr Jeff Bezos het sy verloofde, Lauren Sanchez, en nog vrouens, insluitend Katy Perry en Gayle King, gister (Maandag) met sy Blue Origin New Shepard-ruimtevaartuig die ruimte ingestuur.

Lees ook: Nasa-ruimtevaarders terug op Aarde na nege maande in ruimte

Sanchez en nog vyf vrouens was die eerste span van slegs vroue wat in ses dekades na die ruimte gereis het. Die ander vrouens was die voormalige Nasa-wetenskaplike Aisha Bowe, aktivis Amanda Nguyen en filmvervaardiger Kerianne Flynn.

Die span het veilig geland na ’n reis van sowat 10 minute. Die ruimtevaartuig het die Aarde om 08:30 plaaslike tyd verlaat. Hulle was vir sowat vier minute in die ruimte en het toe teruggekeer Aarde toe. Perry het What a Wonderful World tydens die uitstappie gesing.

Bronne: Euronews, ABC News, The Independent

Lees ook: Nasa-ruimtevaarders terug op Aarde na nege maande in ruimte

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief