Nasa-ruimtevaarders terug op Aarde na nege maande in ruimte

Lees ook :

NASA ruimtevaarders terug op Aarde na nege maande in ruimte fotokrediet: X

FLORIDA, VSA. – Die Nasa-veteraanruimtevaarders Butch Wilmore en Sunita Williams is terug op die Aarde na net meer as nege maande in die ruimte.

Lees ook: Gestrande ruimtevaarders keer uiteindelik terug Aarde toe

Hulle het met die SpaceX Dragon Freedom-tuig teruggekeer wat naby die kus van Florida in die see geland het.

Wilmore en Williams het op 5 Junie 2024 by die Internasionale Ruimtestasie met die Boeing Starliner aangekom. Hulle sou oorspronklik agt dae daar bly, maar aandrywingsprobleme met die Starliner het veroorsaak dat hulle verblyf tot 286 dae uitgerek is.

Wilmore en Williams sal nou 45 dae by die Johnson-ruimtesentrum in Houston deurbring en roetine-gesondheidsondersoeke ondergaan.

Bronne: The Times Of India, NPR, New York Times

Lees ook: Gestrande ruimtevaarders keer uiteindelik terug Aarde toe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief