Lees ook: Skulderkennings kan gebruik word in Senzo Meyiwa-moordsaak
PRETORIA. – Staatsgetuies het vandag die skulderkenning van beskuldigde nommer twee in die Senzo Meiwa-saak, Bongani Ntanzi, in die hof gelees.
Lt.kol. Solomon Raphadu het Ntanzi se skulderkenning gelees waarin hy gesê het hulle is R100 000 betaal om Senzo Meyiwa te vermoor. Ntanzi het in sy skulderkenning gesê hy het R45 000 gekry en beskuldigde een, Muzikawukhulelwa Sibiya, het R30 000 gekry.
In sy skulderkenning het hy gesê Kelly Khumalo het die moord gereël. Khumalo was Senzo Meyiwa se meisie ten tyde van sy dood. Hy is in 2014 in haar huis doodgeskiet.
Die saak is tot Maandag uitgestel.
Bronne: Jacaranda FM, IOL, Briefly
Lees ook: Skulderkennings kan gebruik word in Senzo Meyiwa-moordsaak





