Kenia se weermaghoof sterf in helikopterongeluk

Lees ook :

Kenia weermaghoof sterf in helikopterongeluk
Kenia weermaghoof sterf in helikopterongeluk fotokrediet; Canva

Lees ook: Familie van sakeman dood in helikopterongeluk dagvaar operateur

KENIA. – Kenia se weermaghoof, genl. Francis Omondi Ogolla, is in ‘n weermaghelikopterongeluk dood.

Ogolla en nog 11 weermagpersoneel was in die helikopter. Net twee mense het oorleef. Hulle is in kritieke toestand en word behandel.

Die helikopterongeluk het naby Elgeto Marakwet plaasgevind kort na hulle opgestyg het. Die Keniaanse lugmag het ‘n ondersoekspan gestuur om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Ogolla en sy kollegas was op ‘n sending om skole, asook troepe in die noorde van die land te besoek.

Bronne: BBC, All Africa, Jacaranda FM

Lees ook: Familie van sakeman dood in helikopterongeluk dagvaar operateur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief