Keniaanse polisiebeampte dood ná hy met pyl en boog geskiet is by president se huis

Lees ook :

Keniaanse polisiebeampte dood ná hy met pyl-en-boog geskiet is by president se huis fotokrediet: Canva

NAIROBI, KENIA. – ‘n Keniaanse polisiebeampte wat by een van die hekke van die president se amptelike woning moes waghou, is gister dood nadat hy met ‘n pyl en boog geskiet is.

Lees ook: Tornado in Germiston veroorsaak geen skade nie

‘n Man (56) het gister met ‘n pyl en boog by die president se woning opgedaag en die polisiebeamptes genader. Hulle het hom beveel om sy wapens neer te sit, maar hy het vorentoe beweeg en polisiebeampte, Ramadhan Matanka, in die ribbes geskiet.

Matanka is na ‘n hospitaal geneem, maar is oorlede terwyl hy behandeling ontvang het.

Die verdagte, wat hom as ‘n hawelose persoon vermom het, is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die hof.

Bronne: BBC, Graphic Online, KahawaTungu

Lees ook: Tornado in Germiston veroorsaak geen skade nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief