Kimberley-polisie soek verdagtes wat glo bokke in taxi laai

Lees ook :

Identikits: SAPD

NOORD-KAAP. – Die Kimberley-polisie se veediefstaleenheid is op soek na drie verdagtes wat na bewering by ‘n veediefstal op 20 Januarie op Campbell betrokke was.

Volgens sers. Molefi Shemane was die klaer, ‘n bokwagter, omstreeks 12:00 op die betrokke dag aan die bokke oppas in die veld toe hy glo deur twee mans vir vuurhoutjies genader is. Hy het egter onraad vermoed en probeer vlug, waarna ‘n derde verdagte hom na bewering met ‘n vuurwapen aangerand het.

Die verdagtes het glo 30 bokke in ‘n taxi gelaai en is daarmee vort.

Die klaer kon met behulp van die polisie identikits opstel. Twee van die verdagtes het volgens die beskrywing Setswana gepraat terwyl die derde Afrikaans gepraat het. Hulle is vermoedelik tussen die ouderdom van 25 en 30 jaar oud. Een is as ongeveer 1.9 m lank en twee as 1.6 m lank beskryf.

Enigiemand met inligting kan speur.AO Sarel Bean by 082 454 6374 bel.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief