Kimberley se stadsingenieur sterf

Lees ook :

Foto: Kimberley City Portal

Die stadsingenieur van paaie en stormwater, mnr. Thabiso Raseobi, is oor die naweek oorlede.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het Raseobi se afsterwe bevestig. “Die inligting is in hierdie stadium baie beperk. Ons weet self nog nie wat gebeur het nie. Dit was ’n privaat saak en dus nie werkverwant nie.”

“Ons stuur ons medelye aan die familie en vriende. Hy sal sekerlik gemis word,” sê Matsie. “’n Gedenkdiens sal hierdie week gehou word met die begrafnis wat na verwagting Saterdag in Qwaqwa gehou sal word.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief