Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel
Sol Plaatje-munisipaliteit het aangekondig daar sal ’n beplande wateronderbreking vir vyf dae volgende maand in Kimberley wees.
Die water sal Donderdag 4 April tot Maandag 8 April afgesit word. Hulle het gesê die water sal afgesit word om ondermeer vier groot lekke reg te maak. Die munisipaliteit het gesê die doel is om ‘n einde aan nagtelike wateronderbrekings te bring.
Inwoners word aangeraai om genoeg water voor 4 April bymekaar te maak. Die munisipaliteit het gesê hulle sal mense op hoogte hou oor waar hulle water kan kry.
Bronne: Sol Plaatje-munisipaliteit
Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel





