Kind gered wat in mangat val en meegesleur is

Lees ook :

Foto: Buffalo City Metropolitan Municipality

OOS-KAAP. – ‘n Kind (6) wat Saterdagoggend omstreeks 10:45 in ‘n mangat in ‘n tuin bokant die dieretuin in Oos-Londen geval het, is omstreeks 13:30 suksesvol uit ‘n drein gered.

Buffalo City-metromunisipaliteit sê die kind is deur ‘n stroom sterkvloeiende riool meegesleur. Verskeie nooddienste is ontbied, wat hulle na die toneel gehaas het. ‘n Gekombineerde reaksiespan is gevorm wat dadelik met ‘n soekoperasie begin het.

Volgens die munisipaliteit se verklaring is dreinpype gevolg om by uitgangspunte en ander mangate na die kind te soek. Die kind is in net onder drie uur opgespoor en suksesvol uit ‘n drein gered.

“Dit was ongelooflik om te sien hoe almal moeiteloos saamgewerk het om die rioollyn na te gaan en die kind wonderbaarlik op te spoor en veilig uit die mangat naby die SSK-taxistaanplek te haal.”

Die munisipaliteit sê die kind is dadelik met ‘n ambulans vir mediese assessering na ‘n plaaslike private hospitaal vervoer.

Priority-care-ambulansdiens, Alderson-ambulansdiens, Metro-reddingsdienste, SAPD K9 se soek-, redding- en duikeenheid, SAPD, BCMM-stormwaterdepartement, BCMM-brandweer-, redding- en duikeenheid, NSRI-stasie 7 en die Oos-Kaapse eenheid vir menseregte en vermiste persone was by die redding betrokke.

“Welgedaan aan elke lid wat gehelp het met hierdie reddingsoperasie.”

Foto: Buffalo City-metromunisipaliteit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief