DASPOORT. - 'n Kind is na bewering in die nag op 2 Januarie vanjaar by Claremontstraat in Daspoort in die veld ingesleep en ontvoer. Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê ten spyte van geen formele verslag van 'n vermiste kind nie, het plaaslike owerhede vinnig 'n soektog van stapel gestuur. "Die beweerde ontvoerde meisie is egter nog nie opgespoor nie. Die polisie doen 'n beroep op die publiek vir enige inligting wat kan help om die kind se ouers te identifiseer of om die omstandighede rondom die voorval duidelik te maak." Luides die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is die meisie Donderdagaand in die straat by die veld deur ooggetuies gewaar. Volgens die ooggetuies was sy saam met twee mans. Sy was geklee in ’n pienk eenstuk en het bruin hare, gesny in ’n bob-styl. Enigiemand met inligting oor hierdie beweerde ontvoering, of wat dalk kennis dra van waar die meisie of haar familie is, word versoek om onmiddellik die naaste polisiestasie te kontak. Alternatiewelik kan lede van die publiek die Misdaadstoplyn by 08600 10111 skakel of anonieme wenke indien via die MySAPS-toepassing, wat beskikbaar is vir aflaai op enige slimfoon.
- Deur Jana Engelbrecht
- |