Kinders eet lekkergoed wat glo skadelike stof bevat

Lees ook :

Foto's: DFW Fire and Rescue

WES-KAAP. – Twee kinders en hulle ouma is Dinsdagoggend op ‘n plaas in Denneboomstraat in die Paarl behandel nadat hulle onwetend lekkers wat glo dwelms bevat, geeët het.

DFW Fire and Rescue sê in ‘n sosialemediaplasing ‘n noodoproep op Zello het vrywilligers tot aksie laat spring en hulle was binne drie minute op die toneel. Die kinders en hulle ouma het te danke aan die vrywilligers, ambulanspersoneel en polisie dringende mediese versorging ontvang. Die lekkers is gekonfiskeer en die plaaslike inwoner aan wie dit glo behoort, is in hegtenis geneem.

Die gemeenskap is weer gewaarsku oor gevaarlike items binne die bereik van kinders. Die Paarl-polisie en metro-nooddienste is vir hulle ondersteuning bedank. Die persoon wat gearresteer is, is intussen vrygelaat.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief