NOORD-KAAP. – ‘n Kinderverkragter (34) van Galeshewe is deur die Kimberley-streekhof lewenslank tronk toe gestuur.
Kol. Cherelle Ehlers sê op 1 Mei 2022 het die slagoffer (11) in haar slaapkamer wakker geword toe die beskuldigde besig was om haar onsedelik aan te raak. Hy het haar na sy bed forseer en verkrag. Sy was egter te bang om iemand daarvan te vertel. Sy is die volgende aand weer verkrag, waarna sy haar ma daarvan vertel het. Hierna is ‘n saak by die polisie oopgemaak en die verkragter is nog dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy het tot sy vonnisoplegging in aanhouding gebly.
Die hof het die beskuldigde op twee aanklagte van verkragting skuldig bevind en hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word.
Lt.genl. Koliswa Otola het speur.AO Tanya Serfontein van Galeshewe-GKS met haar ondersoekwerk wat tot die suksesvolle vonnis gelei het, geprys.
“Kinderbeskerming bly ‘n prioriteit,” het lt.genl. Otola gesê.