ActionSA daag minister van binnelandse sake uit om onwettige immigrasie aan te pak

Lees ook :

ActionSA daag minister van binnelandse sake uit om onwettige immigrasie aan te pak
ActionSA daag minister van binnelandse sake uit om onwettige immigrasie aan te pak fotokrediet: Canva

Lees ook: Vlak 8-weerwaarskuwing vir Wes-Kaap uitgereik

Herman Mashaba, ActionSA se leier, het die nuwe minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, uitgedaag om onwettige immigrasie aan te pak.

Hy het gesê Schreiber moet ‘n eenheid in sy departement saamstel om probleme oor onwettige immigrasie te hanteer.

Dit volg na Schreiber verlede week tydelike uitstel gegee het aan buitelanders wat wag vir visums en appèlle aangaande hulle visums. Schreiber het die uitstel gegee sodat die buitelanders wat skaars vaardighede het, beskerm kan word. Hy het ook gesê werk visums is een sy prioriteite.

Mashaba het gesê Schreiber moet dit ‘n prioriteit maak om die probleem van onwettige immigrasie te hanteer.

Bronne: IOL, Action SA, Polity

Lees ook: Vlak 8-weerwaarskuwing vir Wes-Kaap uitgereik

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief