Gevaarlike Zimbabwiese verdagte gesoek

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Lovemore Musoyi, vermoedelik 35, word deur speurders in die Sekhukhune-distrik vir ‘n vlaag misdade gesoek. Musoyi, ‘n Zimbabwiese burger, word as gevaarlik beskou.

Kol. Malesela Ledwaba sê Musoyi word aan meer as 10 sake verbind, wat moord, poging tot moord, gewapende roof, huisroof, sakeroof, ontvoering, aanranding, veediefstal en die onwetttige besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie insluit.

Meer onlangs het Musoyi glo op 20 Junie omstreeks 19:45 ‘n sakeroof gepleeg, waartydens hy ‘n slagoffer van verraad beskuldig en hom met ‘n byl aangerand het. Op 2 Februarie het hy glo ‘n rusie met sy gewese meisie by haar huis gehad. Hy het na bewering die gewese meisie se broer in die mond geskiet voordat hy met ‘n televisiestel op die vlug geslaan het.

Musoyi het op 1 Januarie 2023 daarin geslaag om by Moutse Mall in Dennilton, onderweg na Witbank Korrektiewe Dienste, uit ‘n polisievoertuig te ontsnap. Nog twee persone wat saam met hom ontsnap het, is daarna weer in hegtenis geneem.

Lt.genl. Thebi Hadeebe het ‘n verskerpte soektog beveel om Musoyi op te spoor.

Indien enigiemand weet waar die gevaarlike gesoekte verdagte hom bevind, word hulle gevra om na vore te kom en lt.kol. Boshomane by 079 894 5501 te bel.

Foto: SAPD

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief